Regshulp oorweeg vir mosiehof-gevalle

Die Namibiese ministerie van justisie oorweeg regshulp vir lede van die publiek wat verstekvonnisse in die gesig staar as gevolg van agterstallige huislenings. Daar word berig dat die ministerie se adjunkhoof van wetgewingskepping Free Zenda sê nie net oorweeg hul regshulp nie maar wil ook die wetgewing so aanpas dat mense wat ‘n dagvaardiging ontvang 21 dae het om regshulp te bekom, eerder as die huidige 14. Zenda sê die regshulp sal alleenlik vir persone wees wat die risiko loop om hul primêre woning te verloor. Die voormalige landdros, Lea Shaanika sê Namibiese wetgewing en howe ondersteun nie arm landsburgers nie en dat wetgewing nie in lyn met die Grondwet is nie. Die minister, Yvonne Dausab het op haar beurt gesê dat die stelsel huidige krediteure bevoordeel.