Regsdienskommissie reageer op aanstelling van Zimbabwiese regter

Die Regsdienskommissie het sy reaksie gegee op onlangse mediaberigte en kritiek oor die aanstelling van Zimbabwiese regter Rita Makarau as ‘n waarnemende regter van die hooggeregshof. Die kommissie sê in ‘n mediaverklaring daar is ‘n gebrek aan vroue-regters en daarom is Makarau saam met saam met regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming-Chase as waarnemende regters in die hooggeregshof vir ‘n tydperk van ‘n jaar aangestel. Makarau het as ‘n regter van die Konstitusionele Hof van Zimbabwe gedien en die kommissie meen sy bring haar waardevolle ervaring van 22 jaar na die Namibiese regbank, asook om as mentor van die ander twee vroulike regters te dien.