Regisrasieproses vir loterywet tot 28 Februarie uitgestel
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag tydens sy personeelvergadering die omstrede loterywet bespreek. Daar is ‘n aantal klousules in die wet wat nie heeltemal duidelik is vir lede van die publiek nie. Shifeta sê daarom is die registrasieproses vir ongeregistreerde dobbeljasjiene en operasies met ses maande tot 28 Februarie uitgestel. Hy sê tot op datum is 320 aansoeke vir verskeie lisensies ontvang, waarvan 85 persent verwerk en inspeksies reeds gedoen is.