Regering moet by Tongaat Hulett ingryp voor katastrofiese ramp

Die voedsel- en verwante-werkersvakbond, Fawu, sê die Departement van Handel en Nywerheid moet ingryp en probeer om ‘n volskaalse ekonomiese ramp in die suikerbedryf te verhoed. Tongaat Hulett is sedert Oktober onder sakeredding nadat uitleners nie ‘n herstruktureringsplan wat deur die raad goedgekeur is, wou aanvaar nie. Die maatskappy se finansiële probleme het daartoe gelei dat die groep onlangs nie 401 miljoen Sudi-Afrikaanse rand aan 4 300 kwekers kon uitbetaal vir suikerriet wat in September gelewer is nie. Die vakbond-woordvoerder Mayoyo Mngomezulu sê hulle verwerp die wyse waarop aangekondig is dat Tongaat-Hulett vir sakeredding aansoek doen: