Regering kry skuld vir Tigray-lugaanval wat drie kinders dood

Die Verenigde Nasies het bevestig dat minstens drie kinders dood en nog ‘n mens beseer is tydens ‘n lugaanval in die hoofstad van die Tigray-streek in Etiopië. Die regering kry die skuld vir die lugaanval. Die woordvoerder van die VN se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake, Jens Laerke, sê die toenemende geweld tussen regeringsmagte en magte in Tigray is uiters ontstellend. ‘n Regeringswoordvoerder, Legesse Tulu, ontken die regering is vir die lugaanval verantwoordelik, en sê dis terroriste wat stede met onskuldige burgerlikes aanval.