Regering glo nie in eie planne: Kambala

Die regering het tans geen planne om ‘n nuwe nasionale lugdiens te stig nie, ná die likwidasie van Air Namibia in 2021. Vervoer-minister John Mutorwa het egter vandeesweek gesê ‘n kleiner streeklugdiens kan dalk eendag op die been gebring word. FlyNamibia is tans die land se enigste binnelandse- en streeklugredery. Die Affirmative Repositioning-aktivis George Kambala, het teenoor Kosmos 94.1 Nuus hierop reageer en sê die regering glo nie in sy eie planne nie.