Brave Warriors in hul grootste wedstryd ooit

Sokker: Namibië se Brave Warriors tree vanaand om 7-uur aan vir hulle grootste wedstryd ooit wanneer hulle Angola aandurf in die ronde van 16 by die Afrikabeker-toernooi in Ivoorkus. Dit is die span se eerste verskyning in die geskiedenis in die tweede ronde van die Afrikabeker. Oorwinning vir die Brave Warriors in die Bouake-stadion sal ‘n watertand-kwarteindstryd skep met die wenner van die wedstryd tussen Nigerië en Kameroen. Die Stad Windhoek nooi weer alle inwoners uit om die wedstryd op sy parkeerterrein te gaan kyk, waar dit op ‘n grootskerm vertoon sal word.