Regering ‘faal logisties’ met malaria-voorsorgmaatreëls

Malariagevalle neem steeds toe in die Zambezi-streek, met ‘n totaal van 7 264 positiewe gevalle wat vanaf die eerste week van 2023 tot die derde week van 2024 aangemeld is. Goewerneur Lawrence Sampofu sê 709 gevalle is van Desember tot op hede aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheid-minister en Namibiese verteenwoordiger by die Eliminate Malaria Campaign, wat sê die regering het logisties gefaal in die implementering van voorsorgmaatreëls.