Gaan die brandstofprys op, of af?

Die ministerie van myne en energie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die komitee wat die brandstofprys vir Februarie moet bepaal eers volgende week sal vergader en daar is op die oomblik geen uitsluitsel oor die petrolprys nie. Sommige plaaslike ekonome het voorspel dat daar moontlik ‘n geringe styging in die prys kan wees, terwyl ander meen dit sal onveranderd gelaat word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat oor sy voorspelling vir die brandstofprys, kom Februarie.