Reeza gesels oor Proteas se vertoning in Bristol

Die Suid-Afrikaanse kolwer, Reeza Hendricks, sê die vennootskap tussen Lorcan Tucker en George Dockrell van Ierland in die eerste T20 in Bristol het hulle laat skrik, maar die boulers het hulle kant gebring. Tucker en Dockrell het saamgespan en om die sesde paaltjie 86 van 47 balle behaal. Met ‘n oorwinning in sig, is albei kolwers egter kort na mekaar uitgehaal en die Proteas het met 21 lopies koning gekraai. Hendricks wat sy vierde agtereenvolgende internasionale T20-vyftigtal aangeteken het, sê die span se prestasie was oor die algemeen goed: