Reeva Steenkamp se ouers bereid om Oscar te ontmoet

Reeva Steenkamp se ouers sê hulle is gewillig om Oscar Pistorius te ontmoet as deel van ‘n slagoffer-oortreder gesprek. Pistorius het die 29-jarige model in 2013 in sy woonstel in Tshwane doodgeskiet. Die Appèlhof het in Augustus die tweede keer Pistorius se vonnis van 13-jaar en vyf maande aangepas sodat dit van 21 Oktober 2014 af sou geld. Die media in die buurland berig die aanpassing beteken die voormalige Lemnaeler kan nou om parool aansoek doen omdat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het.