Mango weer in die nuus

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging en die Mango Loodse-vereniging is ontstig oor die besluit van die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens om Mango Lugredery gestrand te hou. Na verwagting sal meer as 700 poste in gedrang wees as die lugredery nie weer kan opstyg nie. Die verenigings is woedend oor die lugdiens se mislukte herstelplan.