Reese Witherspoon eet sneeu

Reese Witherspoon se nuutste TikTok het ‘n debat aanlyn veroorsaak oor of dit veilig is om sneeu te eet of nie.

Witherspoon het ‘n video gedeel van haarself wat sneeu eet nadat sy dit in ‘n drankie gemaak het, wat sy ‘n “Snow Salt Chococinno” gedoop het.

Eers het Witherspoon haarself vasgevang terwyl sy sneeu buite haar huis in groot koppies versamel het.  Daarna het sy gesoute karamelsous en sjokoladestroop oor die sneeuvlokkies gegooi en dit met koue koffie gemeng.

Witherspoon noem haar video: “Sneeudae is gemaak vir Chococinnos”.

Nadat sy egter die video aanlyn geplaas het, is Witherspoon vinnig met kommentaar ontvang van mense wat aangevoer het dat dit nie veilig is om sneeu te eet nie.

 “Jy kan ernstig siek word,” het een persoon aan haar geskryf.

Witherspoon het verskeie video’s gemaak om op bekommerde aanhangers te reageer, insluitend een waar sy oor haar opvoeding gepraat het en sê dat sy nooit grootgeword het met gefiltreerde water nie.

Foto: Verskaf