‘n Bout of twee te min

‘n Virgin Atlantic-vlug op pad na New York City is skielik gekanselleer oomblikke voordat dit opgestyg het toe ‘n passasier vermiste boute op die vliegtuig se vlerk opgemerk het. Phil Hardy, ‘n 41-jarige Britse reisiger, was op die Manchester-lughawe in Brittanje toe hy dit gewaar het tydens die veiligheids-inligtingsessie. 

Ten spyte van die versekering van die lugdienspersoneel dat daar geen veiligheidskwessie was nie, het Hardy besluit om die kajuitpersoneel te waarsku. Ingenieurs is onmiddellik ontbied om onderhoudskontroles op die Airbus A330-vliegtuig uit te voer. Beide Virgin Atlantic en Airbus het beklemtoon dat die ontbrekende boute nie die veiligheid van die vliegtuig beïnvloed nie. Die vlug is egter as ‘n voorsorgmaatreël gekanselleer.