Reënboogbeker verby, Curriebeker op pad

Die Bulle sal weer op volle sterkte wees in die Curriebeker-reeks wanneer hulle Vrydag op Loftus Versfeld in Pretoria teen die Pumas uitdraf. Die spelers wat aan die Reënboog-reeks-eindstryd in Italië deelgeneem het, is terug en is gretig om op te maak na hul verlies teen Benetton. In die ander Curriebeker-wedstryde hierdie week pak die Leeus Woensdag die Westelike Provinsie in Johannesburg en die Griekwas en die Cheetahs sal mekaar Saterdag in Kimberley die stryd aansê.