Reën vir Omaheke, Zambezi

Volgens die Namibië Meteorologiese Diens se weervoorspelling vir die res van die week, word koeler lug vanaf Donderdag in die Karas-streek verwag. Matige tot swaar reënval sal waarskynlik Donderdag in die Zambezi-streek en die Omaheke-oos streke voorkom. Winderige weer sal voortduur oor die binneland. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gepraat.