Raad om herders te beskerm teen stropers, veediewe

Daar is kommer oor herders wat gewelddadig aangeval word deur veediewe. Dit kom na drie naby Karibib in hegtenis geneem na hulle kleinvee gesteel het en die bokwagter met ‘n assegaai in sy rug gesteek het. Dit is die derde keer wat so ‘n voorval in die Erongo-streek voorkom en ‘n bokwagter is ook onlangs met pangas aangeval naby Usakos. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Stropery en Sekuriteit gepraat oor of herders gewapen moet wees om hulself te beskerm. Spangenberg gee ook raad aan boere.