Reën bring vloede én muskiete

Met die reënseisoen kom ook uitdagings soos vloede in die Noorde, asook ‘n toename in muskiete. Dit lei weer tot gevalle van malaria, veral in malaria-geteisterde gebiede. Die land gebruik steeds DDT teen malaria wat uiters giftig is. Die voormalige minister van gesondheid en ‘n malaria-aktivis, dr. Richard Kamwi sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is goeie nuus, aangesien Namibiërs nou meer opgevoed is oor die kwessies van malaria.