Reeksverkragter sterf in aanhouding

’n 35-jarige man, wat skuld beken het op 14 aanklagte van verkragting en elf van roof met verswarende omstandighede, is vandeesweek in ’n aanhoudingsel in Noordwes dood. Johannes Jojo Shabangu is in ooreenstemming met sy skulderkenning op alle aanklagte skuldig bevind. Die woordvoerder van die Provinsiale Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die saak spruit uit voorvalle in Winterveld in Tshwane, tussen Julie 2012 en Desember 2019, waar hy saam met onbekende medepligtiges talle vroue verkrag en beroof het: