Reeksoorwinning op die spel in Centurion

Die derde en beslissende eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Bangladesj het om een-uur in Centurion begin. Die besoekers het die eerste kragmeting oortuigend gewen, maar die Proteas het teruggeslaan en die tweede wedstryd beklink. Suid-Afrika het sedert die begin van die jaar sewe uit sy 15 eendagwedstryde gewen, terwyl twee wedstryde nie ‘n uitslag opgelewer het nie. Bangladesj se kaptein, Tamim Iqbal, en afrigter Russell Domingo glo vas die toeriste kan vandag hul eerste reeksoorwinning in Suid-Afrika op SuperSportpark aanteken.