SA-vervaardigers se vertroue verbeter

Suid-Afrikaanse vervaardigers se vertroue het verbeter sedert saketoestande verbeter het. Die Absa-vervaardigingsopname vir die eerste kwartaal wys algemene sakevertroue het in dié kwartaal met vyf punte toegeneem tot 43 nadat dit die vorige twee kwartale ‘n afname getoon het. Dit word ondersteun deur positiewe plaaslike en uitvoerverkope. Die opname wat sowat 700 sakepersone in die vervaardigingsbedryf betrek het, se skaal is tussen nul en 100. Nul dui op ‘n volslae gebrek aan vertroue terwyl 100 volle vertroue aandui waar alle deelnemers tevrede is met die huidige saketoestande.