Reeds nege wat Boris se plek wil inneem

Nege kandidate het bekend gemaak hulle gaan probeer om Brittanje se volgende eerste minister te word. Dit volg nadat Boris Johnson verlede week bedank het. Dit sluit swaargewigte in die regerende Konserwatiewe Party in, asook twee gewese gesondheidsministers, Sajid Javid en Jeremy Hunt. Rishi Sunak, die voormalige kanselier, en die pas aangestelde kanselier, Nadhim Zahawi, het ook hulle name in die hoed gegooi. Die nuwe leier sal na verwagting in September aangewys word.