Reeds meer as 50 duisend mense in die land reeds teen Covid-19 ingeënt

Daar is volgens die Namibiese Ministerie van Gesondheid reeds 50 222 mense teen Covid-19 ingeënt in die land.Die ministerie het ook 164 nuwe gevalle bevestig. . Windhoek 62, Rehoboth 24,Luderitz 11 en Eenhana en Gobabis onderskeidelik 10 elk. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 343 aktiewe gevalle , 48 049 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 51 113. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 710.