‘RED’s’ met hul hande in hul hare oor kabeldiefstal

Dit wil voorkom asof die reuse-uitdaging van koperkabeldiefstal in die buurland oorgespoel na Namibië toe. Die kragverspreiders in Namibië word volgens berigte gekonfronteer met die groot uitdaging van die diefstal wat aan die toeneem is. Charlie Matengu, skakelbeampte by Cenored sê aan Kosmos 94.1 Nuus die diefstal van koperkabels neem kommwerkkend toe en dit plaas bedrywighede in die gedrang en raak huishoudings. Matengu pleit by die inwoners om die misdaad by die polisie of Cenored aan te meld indien hulle weet van iemand wat besig is om koperkabels te steel of te verkoop.