Redes gegee vir geen aanpassing in brandstofprys  

Die ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee waarom die brandstofprys vir April onveranderd bly. Dit geld vir beide diesel en petrol. Diesel kos 20 dollar en 65 sent per liter aan die kus en petrol kos 19 dollar 78 sent per liter. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie van myne en energie deel met Kosmos 94.1 Nuus redes waarom geen aanpassing in die brandstofpryse gemaak is nie.