Red Force en Keetmans in die hof

Die saak waar Red Force Debt Management die Keetmanshoop Munisipaliteit dagvaar vir 1,6 en 1,8 miljoen doller in twee eise is vandag voor Regter Nate Ndauendapo vir verhoor. In sy stukke sê Red Force hy het in Julie 2017 ‘n ooreenkoms met die plaaslike owerheid onderteken om skuld in te vorder. Die tweede eis handel oor die weiering van die munisipaliteit om hom in 2019 ook te gebruik vir skuldinvordering, wat hy meen was deel van die bepalings van die tender wat hy ontvang het. Die munisipaliteit verdedig die saak.