Red Bull se Formula 1-renjaers nie aangekla ná Monaco Grand Prix
Motorsport: Red Bull se Formule Een-renjaers, Max Verstappen en Sergio Perez, is nie ná die Monaco Grand Prix gestraf nie. Ferrari het protes aangeteken en die twee jaers daarvan beskuldig dat hulle reëls verbreek het. Perez en Verstappen is daarvan beskuldig dat hulle die geel streep oorgesteek het toe hulle in die 23ste ronde die kuipe verlaat het, in ‘n poging om voor Ferrari se Carlos Sainz en Charles Leclerc te bly. Formule Een het Ferrari se klagtes verwerp. Perez het die dramatiese, nat wedren gewen, met Sainz in die tweede plek, en Verstappen derde.