ReconAfrica skenk N$15 miljoen aan regering vir stryd teen Covid-pandemie

ReconAfrica het ook die Namibiese regering in hul stryd teen die Covid-pandemie bygestaan. Die senior direkteur van regeringsverhoudinge en burgerlike samelewing, Hilda Basson Namundjembo, verduidelik hoe die 15 miljoen Namibiese dollar wat aan die regering vir die Covid-pandemie geskenk is, aangewend gaan word.