ReconAfrica se ‘onttrekking’: Burgerlike trust sê dis duidelik wat gebeur het

Die Economic & Social Justice Trust het gereageer op berigte dat ReconAfrica onttrek uit die Kavango-bekken. National Geographic het berig dat talle personeel reeds die gebied verlaat het. Volgens die publikasie is Recon besig om sy bedrywighede na Zimbabwe te verskuif. Die maatskappy het onlangs teleurstellende uitslae in die drie olie-putte aangekondig met min befondsing oor vir die Namibiese projek. Die woordvoerder Ndapewoshali Shapwanale het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatskappy is tans in die data-analise fase wat sy as kantoorwerk beskryf en dus is daar minder bedrywighede in die veld. Renaani Musutua van die trust sê dis duidelik wat in die Kavango-bekken gebeur het.