ReconAfrica sê dit handhaaf goeie verhoudinge met plaaslike gemeenskappe

Sedert ReconAfrica hul voete in Namibië gesit het, was daar verskeie pogings van omgewingsorganisasies wat die Kanadese maatskappy hul eksplorasie en boorwerk vir olie in die Kavango-kom moet staak weens die skade wat dit aan die omgewing kan berokken. ReconAfrica se kommunikasiebestuurder, Ndapewoshali Shapwanale, het vandag die goeie verhoudinge met plaaslike gemeenskappe beskryf en gesê hulle het vennootskapooreenkomste onderteken.