ReconAfrica fokus nou op Namibië, Botswana

Die Kanadese maatskappy ReconAfrica het sy bedrywighede in Mexiko gesluit nadat die verkoop van sy filiaal onlangs afgehandel is, wat die fokus na sy eksplorasie- en booraktiwiteite in die noordooste van Namibië en Noord-Botswana verskuif het. Dit is deur die maatskappy se woordvoerder, Ndapewoshali Shapwanale, bevestig. Die maatskappy het vroeër vanjaar sy omgewingsklaringsertifikaat ontvang vir die boor van veelvuldige eksplorasie- en keuringsputte, en goedkeuring gekry vir die tweede hernuwings-eksplorasietydperk van die myne-ministerie. Die tweede hernuwingstydperk sal strek vanaf 30 Januarie volgende jaar tot 29 Januarie 2026. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewoshali Shapwanale gepraat.