Recon se omgewingsklaring sertifikaat is hernu

Die Namibiese omgewingskommissaris het ReconAfrica se omgewingsklaring sertifikaat vir die PEL-73 eksplorasie gebied verleng vir die volgende drie jaar, tot 26 Augustus 2025. Daar was pogings in die Windhoek hoërhof om die eksplorasie, wat ‘n gebied van 25 000 vierkante kilometer dek, te verbied maar dit het nie geslaag nie. Die maatskappy se direkteur vir kommunikasie, Ndapewoshali Shapwanale, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.