Reaksie op waterskeiding uitspraak vandag oor gay-huwelike

‘n Maatskaplike aktivis het gereageer op ‘n handjievol betogers wat gekant is teen selfdegeslaghuwelike en die herroeping van die sodomiewet, wat gister na die Windhoek-hoërhof opgeruk het. Die hof gaan vandag uitspraak lewer in die saak van drie selfdegeslagpaartjies wat veg vir die erkenning van hul huwelike in Namibië. Zack Itodo, sosiale aktivis het sy reaksie op die betoging en die verwagte oordeel gegee.

Die Namibia Equal Rights Movement nooi die publiek uit om vandag vir Anette Seiler en Anita Seiler-Lilles by die hoërhof te ondersteun.