Reaksie op Toyota se kommer oor sy SA-bedrywighede

Toyota Internasionaal het op sy sosiale media-platforms gesê hy is uiters bekommerd oor die plundery en geweld in KwaZulu-Natal. Die maatskappy het gesê dit is nie duidelik of hy voort kan gaan met sy bedrywighede in die provinsie, of die land nie. Dr Norman Lamprecht die uitvoerende bestuurder van uitvoere en navorsing by die Suid-Afrikaanse motorvervaardiging-vereniging, Naamsa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.