Colorado-hof gooi Trump uit presidensiële wedloop uit

Die hooggeregshof in Colorado het voormalige president Donald Trump onbevoeg verklaar vir die Withuis ingevolge die Amerikaanse Grondwet se opstandsklousule en hom van die staat se presidensiële primêre stemming verwyder. Dit is die eerste keer in die Amerikaanse geskiedenis dat Artikel 3 van die 14de Wysiging gebruik is om ‘n presidensiële kandidaat te diskwalifiseer. Wat die hof sê is dat hy ‘n beduidende rol in die Januarie 6 opstand gespeel het. Trump het te kenne gegee dat hy die Amerikaanse hooggeregshof sal nader om die beslissing te appelleer. Sou daardie hof met die Colorado hof saamstem, sal daar verreikende gevolge wees.