Reaksie op student wat 5 jaar kry vir beursdiefstal

Die Suid-Afrikaanse vakbond Saftu is bekommerd oor die vonnis van die Oos-Kaapse student wat skuldig bevind is aan diefstal van 818 000 Suid-Afrikaanse rand wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente per ongeluk in haar bankrekening inbetaal het. Die gewese student aan die Walter Sisulu-universiteit, Sibongile Mani, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. ‘n Bedrag van 14 miljoen rand is in haar rekening inbetaal, in plaas van haar toelaag van 1 400 rand. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê dis ontstellend hoe die wet en regstelsel mense verskillend behandel: