Reaksie op skokverkragting van meisie, 14

‘n 14-jarige meisie is oor ‘n paar dae herhaaldelik in Oshakati se Evululuko-nedersetting verkrag na ‘n 37-jarige man haar glo gelok het met die belofte van 50 Namibiese dollar vir seksuele omgang. Hy het die 14-jarige kind saam met haar vriendin by ‘n kroeg aangetref. Die storie het skokgolwe deur verskeie gemeenskappe gestuur en Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gepraat.