Reaksie op skikking oor A330’s van Air Namibia

Kundiges het gereageer op die verklaring van die Namibiese ministerie van openbare ondernemings oor die onderhandelinge van tien maande met Castlelake, rakende die Airbus A330 huurooreenkoms van Air Namibia en die skikking wat bereik is. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, ‘n ekonoom en akademikus van die Universiteit van Namibië, het sy reaksie so verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.