Reaksie op skenking van N$5,6m deur olie-reus Chevron
Reaksie word ontvang op die Amerikaanse olie-reus Chevron wat 5,6 miljoen Namibiese dollar aan USAid geskenk het vir voedselsekerheid. Chevron het pas sy aansoek vir sy omgewing klaringsertifikaat begin vir olie-eksplorasie in die Oranje-bekken. Kenners het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat oliemaatskappye nie Namibië se vriend is nie en dat hulle doelwitte ver verwyderd is van die van Namibiese burgers. Maar, volgens Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, is dit tog ook ‘n goeie ding. Hy sê die reuse maatskappye moet meer gee as net hulle tantieme.