Landbou groei in K3, as gevolg van dreigende droogte

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê landbou het in die derde kwartaal met 19,9 persent in reële waarde toegevoeg, gegroei teenoor dieselfde periode verlede jaar wat dit ‘n inkrimping van 10,6 persent aangeteken het. Die groei word toegeskryf aan die bemarking van diere wat met meer as 25 persent gegroei het as gevolg van die dreigende droogte. Verslagtings het volgens die agentskap met 55,5 persent gegroei. Verlede jaar het boere nog diere teruggehou na aanleiding van ‘n goeie reënseisoen wat voorspel was. Dit word baie goed weerspieël in die akkerbousektor wat in die derde kwartaal van vanjaar afgeplat het met ‘n 0 persent groei in die derde kwartaal.