Reaksie op MUN-fout wat 200 mynwerkers laat skors

Na die heraanstelling van die B2Gold-myn se 160 werknemers wat geskors is vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n onwettige staking op 30 September, blyk dit dat Mynwerkersunie van Namibië, MUN, sy fout erken het. MUN het erken dat hul lede die interne griewe- en dispuut-meganismes wat voorheen aan hulle beskikbaar was, moes gevolg het voor hulle begin staak het. MUN het verskoning gevra vir hul en hul lede se gedrag en die B2Gold versoek om die opheffing van die skorsings te heroorweeg. Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.