Regering het Oman-mensehandelsaak goed hanteer, een is oor

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge is tevrede hoe hulle die Oman-situasie hanteer het. Altesaam 31 Namibiërs was in Oman in ‘n saak van mensehandel, en tot dusver is 27 terug in Namibië. Van die vier wat nog in Oman is, wil net een terugkeer. Die ministerie werk daaraan om haar terug in die land te kry. Volgens die ministerie wil die ander drie na die Verenigde Koninkryk of Duitsland uitwyk om daar met hul lewens aan te gaan. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda gee die jongste in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.