Reaksie op 10 jaar tronkstraf vir ietermagô-stropery

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat ‘n ietermagô-stroper in die Pretoria-landdroshof die swaarste vonnis ooit vir dié misdaad opgelê is. Die stroper is tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Dit is nadat die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in samewerking met die werkgroep hom twee jaar gelede by die Silver Oaks-winkelsentrum oos van Pretoria in hegtenis geneem het. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese Ekoloog het sy reaksie so verwoord.