Reaksie oor skokkende selfmoordsyfers in Namibië

Reaksie is ontvang oor die skokkende selfmoord-statistieke van Namibië, veral van mans, wat die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, bekend gemaak het. Sy het gesê 679 mense het tussen Januarie 2021 en Mei 2022 weens selfmoord gesterf het. Uit die syfer, is 559 mans en 91 vroue wat hul lewens beëindig het. Gedurende dieselfde tydperk het 18 seuns en 11 meisies weens selfmoord gesterf. Ngamane Karuaihe-Upi, ‘n verhoudingskonsultant, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.