Raven Klassen laat wapper SA vlag hoog by Aus Ope

Tennis: Raven Klassen van Suid-Afrika en sy Japanse dubbelsmaat Ben McLachlan, het vir Ken Skupski en Dom Inglot van Brittanje met 7-5, 6-3 by die Australiese Ope verslaan. Die 13de gekeurde paar speel volgende teen Max Purcell en Matthew Ebden van Australië. In die mans enkelspel is die nommer twee en titel-gunsteling, Daniil Medvedev, saam met Stefanos Tsitsipas deur na die laaste 16. Die 25-jarige Rus sal in die vierde ronde teen Maxime Cressy van Amerika speel. Die vierde gekeurde Tsitsipas speel volgende teen die Amerikaner Taylor Fritz.