Rassisme moenie ‘n platform by F1 gegun word nie

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, sê hy is lankal aan die ontvangkant van rassisme, kritiek, negatiwiteit en ondertone van diskriminasie. Dit volg nadat die voormalige kampioen, Nelson Piquet, ‘n rassistiese en aanstootlike woord gebruik het toe hy in ‘n aanlyn-uitsending na die Britse renjaer verwys het. Hamilton doen ‘n beroep dat ouer stemme met aanstootlike menings nie ‘n platform gegee word om uitlatings te maak nie: