Rapporteer onwettige langafstandtaxi’s, moenie net kla

Die inwoners van Rehoboth en Groot Aub is bekommerd oor onwettige sewe-sitplek- en sedanvoertuie wat daagliks as langafstandtaxi-operateurs funksioneer. Ongelisensieerde voertuie en operateurs is nie ‘n nuwe probleem in Namibië nie en hou ‘n ernstige risiko in vir beide passasiers en ander padgebruikers. Die inwoners vra hoekom die onwettige operateurs nie gestop kan word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die vervoer-ministerie se openbare betrekkinge-beampte, Julius Ngweda, wat sê dat daar ‘n wet is en dit moet gevolg word.