Nzimande hou vol hy’s onskuldig

Die buurland se hoёr onderwys-minister, Blade Nzimande, weerlê bewerings van wanbesteding van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se fondse vir die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en persoonlike gewin. Hy verwerp as kwaadwillig en ongegrond die verdoemende verslag en opnames deur die Organisasie teen Belastingmisbruik met bewerings van wanbestuur van fondse en korrupsie binne die hulpskema. Nzimande het op ʼn nuuskonferensie volgehou hy is onskuldig en beskryf opnames wat uitgelek het as deel van ʼn komplot teen die beëindiging van die kontrakte van diensverskaffers.