Rapporteer onwettige Angolese – Endjala

Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala sê die Angolese migrante wat op die oomblik terugkeer Namibië toe moet onmiddellik by owerhede aangemeld word sodat hulle gedeporteer kan word. Talle van die Angolese burgers, wat ongeveer twee weke terug gerepatrieer is na meer as ‘n jaar in die land, het weer onwettig oor die grens die land binnegekom. Die regering het vir amper 1 800 mense vir ‘n jaar kos en skuiling gegee, sowel as mediese behandeling. Nou meen van die mense dat hulle hier veiliger sal wees omdat die Namibiese regering na hulle sal kyk. Endjala sê die Angolese regering het reeds ‘n plan in plek om die mense by te staan en dus, moet die Namibiese regering nie die vlugtelinge in die land toelaat nie maar eerder terugstuur.