Rand is uitgelewer aan die politiek, Cyril mees skadelik vir geldeenheid

Sedert die ANC-regering in 1994 die leisels in Suid-Afrika oorgeneem het, het die Suid-Afrikaanse rand van 3,62 per Amerikaanse dollar tot meer as 19,80 in die middel van 2023, gedaal. Oor die afgelope 30 jaar het die rand se waarde met 82 persent gedaal, relatief tot die Amerikaanse dollar. Dit is gelykstaande aan die verlies van ‘n jaarlikse saamgestelde 6 persent in randwaarde. President Cyril Ramaphosa was die mees skadelikste vir die geldeenheid en in sy vyfjaartermyn, het die rand 41 persent waarde verloor. Dit teenoor 30 persent tydens Jacob Zuma se amp, 26 persent tydens Thabo Mbeki en 40,5 persent tydens Nelson Mandela. Elke besluit wat die ANC maak, raak Namibië omdat die geldeenhede gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Andre Duvenhage oor die uitdaging gesels.